Kwalifiseer u kind nog steeds as ’n kinderafhanklike?

Remedi se reëls definieer ’n kinderafhanklike as ’n kind wat jonger as 21 is. Wanneer jou kind 21 word, kwalifiseer hy of sy moontlik nie meer vir dekking teen die koers vir kinderafhanklikes nie.

’n Persoon wat 21 of ouer is, kan slegs in sekere omstandighede as ’n kinderafhanklike op jou lidmaatskap bly. Indien jou kind nie kwalifiseer nie, moet hy of sy as ’n volwasse afhanklike registreer. Dit is ook moontlik dat hy of sy glad nie meer kwalifiseer om op jou Remedi-lidmaatskap te bly nie. Dan moet jy ander alternatiewe vir jou kind se mediese dekking oorweeg.

Spesifieke voorwaardes Lidmaatskapstatus
As jou kind ’n student is wat tussen 21 en 26 jaar oud is en minder as R8 000 per maand verdien Kwalifiseer hy of sy om as kinderafhanklike op Remedi te bly.
As jou kind gestrem is Kwalifiseer hy of sy om as kinderafhanklike op Remedi te bly solank die lidmaatskap aktief is.
As jou kind finansieel van jou afhanklik is en minder as R8 000 per maand verdien Kwalifiseer hy of sy om as ’n volwasse afhanklike op Remedi te bly solank as wat die lidmaatskap aktief is.
As jou kind meer as R8 000 per maand verdien Kwalifiseer hy of sy nie meer as ’n afhanklike nie en kan hy of sy nie op jou Remedi-lidmaatskap bly nie.

Neem asseblief kennis: As jou kleinkind 'n afhanklike op jou lidmaatskap is, sal ons sy of haar lidmaatskap beëindig as sy of haar biologiese ouer nie meer aan Remedi se kwalifiseringskriteria voldoen nie.

Ons het dokumente nodig om te bepaal of jou kind van jou afhanklik is

Jy moet die volgende nodige dokumente verskaf om jou kind se afhanklikheidstatus te bepaal:

  • As jou kind ’n student is, of besig is met praktiese opleiding wat deel van sy of haar kwalifikasie uitmaak, moet jy ’n bewys van registrasie by ’n tersiêre instelling asook bewys van finansiële afhanklikheid verskaf. Jy moet vir ons die volgende stuur:
    • ’n Registrasiesertifikaat (nie ’n studentekaart nie)
    • Jou kind se bankstate óf salarisstrokies vir drie maande, of ’n beëdigde verklaring wat bevestig dat die afhanklike werkloos is en nie ’n bankrekening het nie
  • As jou kind verstandelik of liggaamlik gestrem is, of albei, benodig ons bewys dat jou kind ʼn gestremdheidstoelae ontvang, óf 'n verslag van die dokter of spesialis wat jou kind behandel wat die kind se toestand bevestig.
  • Indien die afhanklike werkloos is of finansieel van jou afhanklik is, moet die hooflid ’n beëdigde verklaring en jou afhanklike se jongste bankstate (drie maande s’n) as bewys stuur.

Die bydraes wat jy vir ’n volwasse afhanklike betaal is meer as wat jy vir ’n kinderafhanklike sou betaal. Jy sal dus vanaf die maand waarin ons die verandering maak, meer aan Remedi moet betaal.

As jy enige vrae het, of as jou kinderafhanklike binnekort 21 word, bel gerus Remedi by 0860 116 116.