Invloed van die BTW-verhoging op u mediese koste


Ons voel almal die invloed wat die verhoging in BTW op ons sakke het. Terwyl ons stadig met die verhoogde uitgawes vrede maak, is dit goed om te weet waar jy meer moet betaal en waar jy moontlik bietjie kan bespaar.

Wat die verhoging in BTW vir u mediesefondsbydrae beteken

Daar is in 2018 geen verandering aan u bydraes gemaak nie.

U bydraes aan Remedi bly tot die einde van die jaar onveranderd. Ons absorbeer ook tot die einde van Desember 2018 die verhoging in eiskostes weens die verhoging in BTW.

Die nuwe BTW-koers sal een van die faktore wees wat ons in ag gaan neem wanneer ons aan die einde van die jaar die bydraes vir 2019 uitwerk.

Uitwerking op medisyne en dienste

Die nuwe BTW-koers kan die prys van sekere mediese dienste en produkte (soos medisyne) beïnvloed.

U voordele sal dieselfde bly. Indien u plan bepaal dat ons 100% van die Skematarief betaal, sal ons steeds 100% van die Skematarief betaal en die Skematarief sal die verhoogde BTW insluit, indien van toepassing. Indien u plan 80% van die Skematarief betaal, sal die 20% wat u uit u eie sak betaal, dalk ’n bietjie hoër wees as gewoonlik weens die 1% BTW-verhoging.

Wenk: Kry generiese opsies vir die medisyne waar moontlik. Vra u dokter of hierdie medisyne werkbare alternatiewe is vir die medisyne wat u gebruik. Dit kan u ’n klomp geld spaar en help dat u dag-tot-dag-voordele langer hou.