Mediclinic is een van ons aangewese diensverskaffers


Remedi neem van die beste gesondheidsorgkundiges en -geriewe in ons netwerk van aangewese diensverskaffers op. Mediclinic Southern Africa is een van ons aangewese diensverskaffers en ons wil u graag vertel hoekom ons dink hulle is goed genoeg.

Aangewese diensverskaffers is dokters, spesialiste en ander gesondheidsorgverskaffers met wie Remedi ooreenkomste aangegaan het oor die betaling en tariewe vir Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV).

Hulle het ’n geïntegreerde benadering tot sorg by hulle hospitale en klinieke

Mediclinic Southern Africa bied 52 hospitale en twee dagklinieke regoor Suid-Afrika en Namibië.

By Mediclinic glo hulle dat ’n geïntegreerde benadering tot sorg deurslaggewend is om waarde aan hulle pasiënte te bied. Hulle bied waarde deur gehaltesorg te lewer, wat aan die pasiënt 'n beter ervaring gee en die koste van die sorgproses bestuur.

Meningspeiling oor pasiëntervaring en die resultaat daarvan

As deel van die geïntegreerde benadering tot sorg, het Mediclinic ’n meningspeiling oor pasiëntervaring by al hulle hospitale ingestel. Pasiënte kan dus nadat hulle ontslaan is, terugvoer gee oor hulle ervaring by die hospitaal. Mediclinic gebruik die uitslae – oor waar pasiënte voel dat die hospitaal nie aan hulle verwagting voldoen het nie – om hulle hospitale te verbeter.

Een van die veranderings wat na aanleiding van die pasiëntterugvoer gemaak is: Die besoekure in algemene sale is buigsamer. Dit beteken Remedi-lede se geliefdes het nou geriefliker opsies, om van te kies wanneer hulle vir hul geliefdes in algemene sale wil gaan kuier.

Hulle programme verbeter kwaliteit en bestuur kostes

CARE-EXPERT PROGRAM

Mediclinic het die Care Expert-program by sommige van hulle hospitale ingestel as deel van hulle fokus op die verbetering van kwaliteit en bestuur van kostes. Die Care Expert-program stel gekose hospitale in staat om sekere heup- of knievervangingchirurgie as ’n pakketprosedure aan te bied. Dit beteken hulle voeg verskeie gesondheidsorgkundiges se diensaanbiedings in een produk saam – tot pasiënte se voordeel. Remedi het ’n kontrak met Mediclinic om hierdie diens aan ons lede te bied.

MEDICLINIC BABY-PROGRAM

Om toekomstige ouers in te lig en voor te berei vir die ondervinding wat op hulle wag, gee die Mediclinic Baby-program weekliks aan ouers inligting. Dit gee hulle ook toegang tot voorgeboorteklasse en openbare inligtingsgeleenthede.

MEDICLINIC PRIME

“Mediclinic Prime” fokus daarop om bruikbare inligting oor leefstyl- en gesondheidskwessies te verskaf, wat nog ’n manier is waarop hulle die waarde verbeter wat hulle aan pasiënte bied. Saam met voordele soos toegang by belangrike sportgeleenthede, verseker die program ook dat Mediclinic-pasiënte gereelde inligting ontvang oor hoe om hulle eie gesondheid te bestuur voordat mediese ingryping nodig raak.

Vir meer inligting oor Mediclinic-hospitale en watter spesialiste by hierdie fasiliteite beskikbaar is, besoek hulle webwerf by www.mediclinic.co.za.