Verstaan netwerke om die meeste uit u Voordeelopsie te kry

As u die dekking wat u Voordeelopsie bied en netwerke goed verstaan, kan dit u help om die meeste uit u gesondheidsorgvoordele te kry. Ons stel voor dat u 'n bietjie tyd afstaan om u dekking te leer ken. U kan u dalk verbaas oor hoe gerieflik dit is om netwerke te gebruik en hoeveel bykomende waarde u uit netwerke put.

U keuse van Voordeelopsie kan beteken dat u netwerke moet gebruik

As u ’n Voordeelopsie kies wat aanbeveel dat u netwerke gebruik, kan dit u dag-tot-dag-voordele en u mediesefondsdekking by sekere gesondheidsorgverskaffers affekteer. U Voordeelopsie kan vereis dat u spesifieke hospitale, apteke, dokters of spesialiste in ons netwerk moet gebruik. Dis alles tot u voordeel. Deur netwerke te gebruik is dit moontlik vir mediese skemas om ooreenkomste te sluit sodat lede wat die netwerk gebruik, ’n laer bydrae betaal. Dit is goed omdat dit beteken dat u mediese skema, solank u voordele beskikbaar het, u volle dekking in die netwerke kan bied – sonder onvoorsiene uitgawes.

Dit maak sin om voordeel uit netwerke te put wanneer u ook al kan

Dit is meer gerieflik om ’n netwerk te gebruik. Deur van ons netwerkoorkomste gebruik te maak, kan u onverwagte bybetalings vermy. Dus beperk netwerke nie net u gesondheidsorgkostes nie, maar mediese skemas betaal gewoonlik gesondheidsorgverskaffers in hul netwerk direk. Dié gesondheidsorgverskaffers ken die netwerkreëlings goed. Dit beteken dat u nie ekstra moeite en papierwerk hoef te doen nie. U mediese skema kan u in kennis stel as enige bykomde kostes reeds by hul ooreenkoms met 'n gesondheidsorgverskaffer ingereken is.

Hoe u geld kan bespaar deur netwerke te gebruik

1. By algemene praktisyns

Sekere dokters se fooie is meer as die tarief wat u mediese skema vasstel. Dokters mag hul eie fooi hef, maar dit beteken dat as u Voordeelopsie net dekking vir ’n spesifieke tarief bied, moet u self 'n gedeelte van die rekening (’n bybetaling) betaal.

U kan huiwer om geldsake met u gesondheidsorgverskaffer te bespreek, maar wanneer u ’n afspraak maak, is u daarop geregtig om te vra watter fooi u dokter hef en of u bybetalings sal hê. Deur vooraf kostes te bespreek, kan u ’n ingeligte besluit neem oor hoe u die beskikbare fondse in u dag-tot-dag-voordeel gebruik. Indien u ’n spesifieke verskaffer wil gebruik en nie omgee om meer te betaal nie, sal u minstens vooraf weet presies hoeveel u sal moet betaal.

As deel van Remedi Medical Aid Scheme se aanbieding het u toegang tot ’n uitgebreide netwerk van algemene praktisyns. Ons betaal aan algemene praktisyns in ons netwerk die volle koste van ’n konsultasie mits u voordele beskikbaar het om die konsultasiekoste te dek.

2. By spesialiste

Wanneer u ’n spesialis vir die eerste keer besoek, kan hulle u vra om vooraf vir die eerste konsultasie te betaal. As u aan ’n mediese skema behoort, kan u terugbetaling eis. Voor u ’n spesialis besoek, raadpleeg u mediese skema se beskikbare inligting oor spesialiste met wie hulle ’n betalingsooreenkoms het. Vind ook uit wat u spesialis se fooi is en of hulle ’n ooreenkoms aangegaan het met u mediese skema wat u volle dekking en die voordeel van direkte betaling bied wanneer u moet eis.

Wanneer u besluit om ’n spesialis te besoek wat nie deel van ’n betalingsooreenkoms met u mediese skema is nie, moet u moontlik vooraf vir konsultasies betaal, 'n gedeelte van die koste betaal of self die eis by u mediese skema indien. Skakel u mediese skema se oproepsentrum om uit te vind watter opsies u het. Moenie bang wees om tariewe met u spesialis te bepreek en daaroor ooreen te kom nie. Dit kan u help om bykomende kostes en papierwerk te vermy.

3. By apteke

Daar is meer as 2 500 apteke in Remedi Medical Aid Scheme se netwerk van aangewese diensverskaffers en voorkeurverskaffers. Wanneer u apteke gebruik wat u mediese skema ’n betaalooreenkoms mee het, kry u u medisyne teen die mees bekostigbare prys en dit bied u bykomende waarde.

Dit is altyd die moeite werd om uit te vind of u mediese skema die diens of toegang tot netwerkapteke bied sodat u soveel moontlik op u medisyneuitgawes kan bespaar. Nog ’n manier om geld te spaar is om u apteker te vra vir generiese weergawes van handelsmerkmedisyne. Generiese medisyne is goedkoper as handelsmerkmedisyne, maar die samestelling en uitwerking is soortgelyk aan die van handelsmerkmedisyne.