Uitslag van die Remedi maatstafontleding
Willis Towers Watson, een van die wêreld se voorste adviesmaatskappye, het Remedi onlangs teen ander mediese skemas vergelyk. Hulle het ’n vergelyking van die bydraes en voordele van die volgende skemas, met oop en beperkte lidmaatskap, gedoen:
- Skemas met oop lidmaatskap: Discovery, Bonitas en Sizwe mediese skemas
- Skemas met beperkte lidmaatskap: Bankmed, Netcare, Wooltru en SA Breweries (SAB) mediese skemas
2017 se voordele en bydraes is gebruik, asook die jaarverslag van die Raad vir Mediese Skemas vir 2015/2016.
Demografiese en finansiële besonderhede
Die tabel hier onder vergelyk die demografiese en finansiële inligting van Remedi en die ander sewe mediese skemas wat deel uitmaak van die normaanwyserontleding. Die inligting is uit die Jaarverslag van 2015 tot 2016 geneem wat deur die Raad vir Mediese Skemas gepubliseer is. Die demografiese inligting is soos op 31 Desember 2015 en die finansiële resultate is vir die jaar 2015.
Remedi | Discovery | Bonitas | Sizwe | Bankmed | Netcare | Wooltru | SAB | |
Demografiese inligting | ||||||||
Getal hooflede | 20 849 | 1 267 877 | 295 488 | 52 317 | 107 553 | 17 682 | 9 890 | 9 795 |
Begunstigdes | 46 815 | 2 691 852 | 654 384 | 125 366 | 216 262 | 38 614 | 19 520 | 21 969 |
Verhouding begunstigdes | 2.2 | 2.1 | 2.2 | 2.4 | 2 | 2.2 | 2 | 2.2 |
Gemiddelde ouderdom (begunstigdes) | 29 | 32.9 | 31.6 | 32.7 | 30.4 | 29.1 | 29.5 | 29.1 |
Verhouding pensionarisse (+65) | 4.70% | 7.80% | 6.20% | 7.80% | 7.30% | 3.60% | 5.50% | 4.70% |
Finansiële inligting | ||||||||
Risikobydrae-inkomste | R1 369 | R1 240 | R1 345 | R1 532 | R1 321 | R1 338 | R1 202 | R1 256 |
Netto gesondheidsorg spandering | R1 239 | R1 068 | R1 265 | R1 353 | R1 273 | R1 319 | R1 139 | R1 192 |
Nie gesondheidsorg spandering | R83 | R157 | R143 | R170 | R106 | R68 | R103 | R96 |
Netto gesondheidsorg effek | R47 | R16 | R-63 | R9 | R-58 | R-49 | R-41 | R-32 |
Sleutel-verhoudings | ||||||||
Gesondheidsorg spandering as % van risikobydrae-inkomste | 90.50% | 86.10% | 94.10% | 88.30% | 96.40% | 98.60% | 94.80% | 94.90% |
Nie gesondheidsorg spandering as % van risikobydrae-inkomste | 6.00% | 12.60% | 10.60% | 11.10% | 8.00% | 5.00% | 8.60% | 7.60% |
Netto gesondheidsorg effek as % van risikobydrae-inkomste | 3.40% | 1.30% | -4.70% | 0.60% | -4.40% | -3.70% | -3.40% | -2.50% |
Solvensiekoers | 72.30% | 26.00% | 26.10% | 46.80% | 42.50% | 34.30% | 65.00% | 80.30% |
Lidmaatskap groei | 3.30% | 3.00% | -0.60% | 3.20% | 7.50% | 3.10% | 5.90% | 3.30% |
Getal voordeel opsies | 3 | 15 | 7 | 5 | 6 | 1 | 3 | 2 |
Opsomming van uitslae
Vir die doel van hierdie vergelyking is ’n voordeelopsie gekies binne elk van die normaanwyserskemas wat die naaste is aan elk van die drie Remediopsies ten opsigte van voordele en bydraes. Die volgende opsies is toe gebruik vir die normering:
Opsie | Remedi | Discovery | Bonitas | Sizwe | Bankmed | Netcare | Wooltru | SAB |
Top opsie | Comprehensive | Classic Comprehensive | Classic | Full Benefit | Comprehensive | Netcare Savings | Extended | Comprehensive |
Middel opsie | Classic | Classic Delta Saver | Complete | Affordable Care | Traditional | Netcare Savings | Plus | Comprehensive |
Laagste opsie | Standard | Keycare Plus | Primary | Gomomo Care | Basic | Netcare Savings | Core | Essential |
Die tabel hier onder wys hoe sewe ander mediese skemas teen Remedi vaar (Beter of Slegter as Remedi):
Discovery | Bonitas | Sizwe | Bankmed | Netcare | Wooltru | SAB | |
Comprehensive | |||||||
Hospitaalvoordele | Beter | Slegter | Slegter | Slegter | Slegter | Beter | Slegter |
Voordele vir medisyne | Beter | Slegter | Slegter | Gelykstaande | Slegter | Slegter | Slegter |
Alledaagse voordele | Beter | Slegter | Beter | Slegter | Slegter | Beter | Slegter |
Bydraes | Slegter | Slegter | Slegter | Beter | Beter | Slegter | Beter |
Classic | |||||||
Hospitaalvoordele | Beter | Beter | Beter | Beter | Beter | Beter | Beter |
Voordele vir medisyne | Slegter | Slegter | Slegter | Beter | Slegter | Slegter | Slegter |
Alledaagse voordele | Beter | Beter | Beter | Beter | Beter | Gelykstaande | Beter |
Bydraes | Beter | Slegter | Slegter | Slegter | Slegter | Beter | Slegter |
Standard | |||||||
Hospitaalvoordele | Beter | Beter | Beter | Beter | Beter | Beter | Slegter |
Voordele vir medisyne | Gelykstaande | Beter | Slegter | Gelykstaande | Nie vergelykbaar nie | Beter | Nie vergelykbaar nie |
Alledaagse voordele | Beter | Nie vergelykbaar nie | Gelykstaande | Slegter | Beter | Slegter | Nie vergelykbaar nie |
Bydraes | Slegter | Slegter | Slegter | Slegter | Slegter | Slegter | Beter |
- Remedi se Omvattende opsie (Comprehensive Option) is soortgelyk in koste aan die ander normaanwyserskemas en bied oor die algemeen beter hospitaal-, medisyne en alledaagse voordele.
- Remedi se Klassieke Opsie (Classic Option) kos minder as meeste gelykstaande opsies, maar dit word opgeweeg teen die alledaagse en hospitaalvoordele wat minder is.
- Remedi se Standaard Opsie (Standard Option) is prysgewys kompeterend, maar dit word opgeweeg teen die hospitaalvoordele wat minder is.