Verlaag cholesterol


Hoë cholesterol is ’n algemene probleem. Ongeveer 50% van alle hartaanvalle word met hoë cholesterol geassosieer en meer as 5.5 miljoen Suid-Afrikaners loop gevaar om weens hulle hoë cholesterolvlakke ’n siekte te kry.

Hoë cholesterol kan geneties wees, maar is dikwels die gevolg van ongesonde leefstylkeuses wat u kan verander. Gesonde eetgewoontes en oefening kan help om gesonde cholesterolvlakke te handhaaf sodat u ’n langer, gesonder lewe kan lei.

Cholesterol – die goeie, die slegte en die onaansienlike

U liggaam het cholesterol nodig om gesonde selle te bou. Dit raak egter 'n probleem as u te veel daarvan het. Hoë cholesterol kan veroorsaak dat u vetneerslag in u bloedvate ontwikkel wat verhoed dat genoeg bloed deur u slagare vloei. Dit beteken dat u hart moontlik nie soveel suurstofryke bloed kry as wat dit nodig het nie, wat u risiko verhoog om ’n hartaanval te kry. Verlaagde bloedtoevoer na u brein kan weer ’n beroerte tot gevolg hê.

Daar is vier soorte lipoproteïene waarvan die twee hoofsoorte laedigtheidlipoproteïen (LDL) en hoëdigtheidlipoproteïen (HDL) is.

  • LDL cholesterol, die sogenaamde “slegte cholesterol”, beweeg deur die liggaam waar dit gebruik word om selmembrane te herstel en hormone te vervaardig.
  • HDL, die sogenaamde “goeie cholesterol”, beweeg deur die lewer waar dit oortollige cholesterol uit die weefsel verwyder en daarvan ontslae raak voordat dit skade kan veroorsaak.

Die cholesteroltoets

U kan u cholesterolvlakke deur ’n vingerpriktoets nagaan. Vra u gesondheidsorgverskaffer of u in die 12 ure voor die toets kan eet en drink

Beheer hoë cholesterolvlakke

Soms is dit voldoende om gesond te eet en te oefen ten einde hoë cholesterolvlakke te beheer. Oefening verander u cholesterolvlak deur die afbreuk van cholesterol in die lewer en galblaas te verhoog asook om die hoeveelheid cholesterol wat u uit kos opneem, te verminder. As u hoë cholesterolvlakke het, sal u dokter u gewoonlik eers aanraai om u leefstyl te verander en slegs medisyne voorskryf wat u cholesterolvlakke kan verlaag as dit na ’n paar maande nie verlaag het nie.

Bepaalde mediese toestande en medisyne kan u cholesterolvlakke verhoog. U dokter kan voorstel dat u medisyne verander word indien dit hoë cholesterolvlakke veroorsaak. Rook kan ook bydra tot hoë cholesterolvlakke.

Beste wenke om cholesterolvlakke te verlaag

  • Raak aktief
  • Vervang versadigde vette met onversadigde vette
  • Indien u alkohol drink, hou matigheid voor oë
  • Kies gesonder kookmetodes
  • Sluit vis by u dieet in
  • Voeg vesel en plantsterols by u dieet

Verwysings

  • www.heartfoundation.co.za
  • www.hearthealthyonline.com
  • www.webmd.com
  • www.nhs.uk

Hierdie artikel bevat opinies en feite, en verwysings na ander inligtingsbronne. Raadpleeg altyd ’n geregistreerde gesondheidsorgkundige vir enige persoonlike advies.