Ons maak dit vir u maklik om u eise in te dien


Remedi maak dit vir u maklik om u eise aan die mediese skema in te dien wanneer u een van ons digitale kanale gebruik. Ons bied gerieflike maniere om u eise makliker en vinniger te verwerk.

U kan op enigeen van die volgende digitale maniere u eise aan die mediese fonds indien:

1. Op die Discovery-toepassing vir slimtoestelle

  • Gaan na Claims onder die Health -oortjie (tab) en klik op die + (plus)
  • Klik op die “+” aan die regterkant, onder om 'n eis in te dien
  • Kies Submit photo of claim of Scan QR code on claim
  • Gebruik u foon se kamera om ’n foto van u eis te neem of
  • Gebruik u foon om die QR-kode te skandeer wat die gesondheidsorgkundige op u eis verskaf het
  • Klik Submit

2. Stuur u eise per e-pos na ons

Ons hoop hierdie digitale kanale is vir u maklik en gerieflik om te gebruik.