Gaan vir ’n gesondheidsondersoek en staan ’n kans om ’n wegbreek ter waarde van R10 000 te wen

As die geleentheid asook die koste van vervoer en ’n blyplek al is wat jou verhoed om vir ’n naweek weg te breek, is Remedi se gelukkige trekking vir jou bedoel!

Al wat jy moet doen is om tussen 1 Januarie 2020 en 31 Oktober 2020 vir ’n gesondheidsondersoek by jou werkgewer se welstandsdag, of by Clicks of Dis-Chem se welstandskliniek te gaan. Jy word dan outomaties deel van die trekking en staan ’n kans om ’n wegbreeknaweek ter waarde van R10 000 te wen!

Meer oor die gesondheidsondersoek en hoe ons daarvoor betaal

Ons glo jy moet elke jaar jou cholesterol en bloedsuiker (bloedglukose) laat toets en jou bloeddruk en liggaamsmassa-indeks laat meet. Hierdie gesondheidsmetings tel die vroeë tekens van siekte op, nog voordat jy begin sleg voel. Dit kan jou help om mediese toestande vroeg op te spoor of selfs te voorkom! Vind meer oor siftingstoetse uit in ‘Voorsorg is beter as nasorg’.

Ons betaal elke jaar vir een van elkeen van hierdie siftingstoetse uit jou Siftingsvoordeel. As jy na ’n welstandsdag by jou werkgewer, of na Clicks of Dis-Chem se welstandskliniek toe gaan, betaal ons die volle koste sonder om jou dag-tot-dag-voordele te gebruik.

So, selfs al wen jy nie die groot prys nie, kry jy 'n jaar van die beste moontlike gesondheid!

Besonderhede van die gelukkige trekking

Ons skryf alle Remedi-lede wat ouer as 18 jaar is en vir ’n gesondheidsondersoek gegaan het,vir die gelukkige trekking in. Remedi sal tot R10 000 aan ‘n diensverskaffer betaal vir ’n wegbreeknaweek. Die lid sal nie enige kontant ontvang nie. Die prys kan net vir ’n wegbreeknaweek gebruik word en ons sal nie enige ongebruikte geld aan die wenner oorbetaal nie.