Gebruik Remedi se toepassing vir slimfone om die meeste uit jou voordeelopsie te kry

Dit is meer waarskynlik dat jy jou beursie by die huis vergeet as wat jou selfoon agterbly. Ons gebruik ons slimfone om banksake te doen, met ander mense in kontak te bly, en om aanlyn inkopies te doen. Met Remedi se toepassing vir slimfone, kan jy ook jou Remedi-lidmaatskap bestuur waar en wanneer dit jou pas.

Die toepassing bied jou ’n digitale kopie van jou lidmaatskpkaart, laat jou toe om eise in te dien, belangrike dokumente soos bewys van lidmaatskap te versoek, na te gaan watter voordele beskikbaar is, ’n gesondheidsorgverskaffer wat die Remedi tarief vra naby jou op te spoor, en nog baie meer!

Basiese beginsels van die toepassing

Remedi se toepassing vir slimfone is beskikbaar vir Android- en Apple-slimtoestelle. Om die toepassing te gebruik, moet jy eers op www.yourremedi.co.za registreer. Dit is omdat jy dieselfde aanmeldbesonderhede gebruik om op die webwerf en die toepassing aan te teken. As jy nog nie geregistreer het nie, besoek Remedi se webwerf, kies REGISTER regs bo, en volg die aanwysings.

Jou digitale lidkaart in die palm van jou hand

Remedi se toepassing vir slimfone bevat ’n digitale kopie van jou lidmaatskapkaart, net ingeval jy nie jou plastiekkaart by jou het nie. Die digitale kaart werk soos jou plastiekkaart en bevestig aan gesondheidsorgverskaffers dat jy ’n lid van Remedi is.

Om jou digitale lidmaatskapkaart te vind, blaai ondertoe en kies Membership card.

Soek ’n gesondheidsorgverskaffer wie se fooi ons ten volle betaal

Netwerkverskaffers vra ons die Remedi tarief, so ons betaal die volle rekening solank as wat jy voordele beskikbaar het. Met die toepassing is dit maklik om die naaste netwerkapteek, hospitaal, spesialis of algemene praktisyn op te spoor. Blaai af na Healthcare providers en dan Find a healthcare provider.

Stuur eise en hou tred daarvan

As jou gesondheidsorgverskaffer deel van ons netwerk is, hoef jy nie die rekening aan ons te stuur nie. Hy of sy stuur self dit direk aan ons. As dit nodig is om jou eis aan ons te stuur, blaai af na Claims en dan Submit a claim. Jy kan ’n selfoonfoto van jou rekening neem en dit aan ons stuur.

Hou tred van die voordele wat jy gebruik het

Jy mag dalk nie bewus wees van al die voordele van jou voordeelopsie nie, maar die toepassing kan jou hierdie inligting gee. Om uit te vind watter voordele jy reeds gebruik het en watter nog beskikbaar is, kies Your benefit options, blaai af en kies Benefits used.

Kry jou belangrike dokumente

Jy kan ons vra om ’n kopie van jou lidsertifikaat, inkomstebelastingsertifikaat of aansoekvorms per e-pos te stuur. Blaai af na Your benefit options, en dan Documents.

Sien jou magtiging vir hospitaalopnames

Jy hoef nie jou magtigingsbesonderhede op ’n stukkie papier neer te skryf nie. Jou voorafmagtiging vir hospitaalopnames is op die toepassing beskikbaar as jy onder Healthcare providers na Hospital preauthorisation gaan.

Kry toegang tot jou gesondheidsrekords

Wil jy jou mediese geskiedenis sien? Jy kan ’n volle mediese rekord van jou besoeke aan dokters en hospitale, voorgeskrewe medisyne, bloedtoetse en X-strale sien, asook ander gesondheidsmetings. Kies Health en blaai af na Health record.