Wat jy moet weet as jy hospitaal toe gaan

Of dit vir ’n noodgeval of ’n beplande prosedure is, kan dit ’n stresvolle ervaring wees om hospitaal toe te gaan. Daar is nietemin ’n paar stappe wat jy kan doen om jou daarop voor te berei en om jou hospitaalverblyf minder oorweldigend te maak. Ons het ’n nuttige gids saamgestel om jou te help om jou hospitaalverblyf gemaklik te hanteer.

Wat is ’n mediese noodgeval?

Dit is ’n nood mediese toestand as:

  • Die mediese toestand skielik en onverwags begin
  • Die toestand onmiddellik behandel moet word (behandeling kan ’n operasie behels)
  • Die toestand verswakte liggaamsfunksies, ernstige en blywende skade aan organe, ledemate of ander liggaamsdele, of selfs die dood kan veroorsaak indien behandeling nie dadelik begin nie.
Beplan vir ’n noodgeval

Niemand sien uit na ’n mediese noodgeval nie. Die werklikheid is egter dat dit soms onvermybaar is. Met ’n paar basiese wenke kan jy voorbereid wees op mediese noodgevalle, en die beste keuses moontlik vir jou en jou gesin in hierdie soort omstandighede neem.

As jy ’n operasie of behandeling tydens hospitalisasie nodig het

Vir beplande hospitaalopnames moet jy ons minstens 48 uur vóór die beplande opname vir voorafmagtiging skakel. Remedi gee jou dekking, teen die Skematarief, vir 'n beplande hospitaalopname tot en met jy die algehele jaarlikse limiet vir jou voordeelopsie bereik. Dit beteken dat ons jou hospitaalrekening betaal teen die tarief wat ons met die hospitaal ooreengekom het.

Die hospitaalvoordeel bied dekking vir uitgawes terwyl jy in die hospitaal opgeneem is, mits jy voorafmagtiging vir jou opname gekry het. Voorbeelde van uitgawes wat gedek word, is teater en saalfooie, X strale, bloedtoetse en die medisyne wat jy tydens jou opname in die hospitaal gebruik.

Onthou om magtiging te kry vóór jy vir ’n beplande prosedure in die hospitaal opgeneem word.

Hoe jy voorafmagtiging kan kry

Bel asseblief ons voorafmagtigingdepartement by 0860 116 116 en volg die instruksies om voorafmagtiging te verkry. Hou asseblief spesifieke inligting gereed oor jou prosedure en opname wanneer jy ons skakel. Ons kan jou dan die heel beste help.

Ons benodig besonderhede soos:

  • Die naam en lidnommer van die hooflid en die pasiënt
  • Die datum van die beplande prosedure
  • Jou dokter en narkotiseur se name en praktyknommers
  • Die naam en praktyknommer van die netwerkhospitaal wat jy gekies het. Onthou om seker te maak dat jou dokter in jou gekose hospitaal prosedures doen
  • Die diagnosekodes (ICD 10 kodes)
  • Die prosedure of behandelingkodes (RPL kodes)

Jy moet:

  • Jou dokter besoek sodat hy of sy kan besluit of dit nodig is dat jy in die hospitaal opgeneem word.
  • Uitvind watter dokter jou in die hospitaal gaan laat opneem. Soms sal jou eie dokter jou na ’n ander dokter of spesialis verwys.
  • Die hospitaal kies waar jy opgeneem wil word. Hou egter in gedagte dat nie alle prosedures by alle hospitale gedoen word nie. Jou dokter kan jou hieroor raad gee.
  • Ons bel om uit te vind hoe ons betaal vir gesondheidsorgkundiges, soos narkotiseurs en spesialiste, sodat jy die kans kan verminder dat jy ’n bybetaling het (self ’n deel van die koste moet betaal).
  • Voorafmagtiging vir jou hospitaalopname kry deur ons by 0860 116 116 te bel minstens 48 uur vóór jy in die hospitaal opgeneem word. Ons sal vir jou inligting gee oor hoe ons vir jou hospitaalopname sal betaal. As jy nie jou opname en die koste wat ons normaalweg dek bevestig nie, sal jy moontlik ’n bybetaling moet maak.

Die hospitaalvoordeel bied slegs dekking vir opname in ’n algemene saal, nie ’n privaat saal nie.

Om ’n hospitaal of verskaffer op te spoor en om seker te maak of ons ten volle jou gesondheidsorgkundige se rekening sal betaal, gebruik die toeganklike aanlyn MaPS hulpmiddel.

Gids vir veiliger sorg tydens hospitalisasie

Die pad na herstel

Neem aktief deel aan jou gesondheid en sorg. Jy is dalk angstig of bang as jy hospitaal toe moet gaan. Dit is hoekom ons jou ’n paar riglyne bied om jou te help om vir jou hospitaalopname voor te berei. Ons sit die kollig op dinge wat jy kan doen om dit beter te hanteer. Om inligting te hê en aksie te neem, is belangrike maniere wat jou kan help om die situasie beter te hanteer.

Hier is vyf voorstelle oor hoe om veiliger tydens ’n hospitaalopname te wees en hoe om die beste sorg van jou gesondheidsorgspan te kry:

01 | Gee inligting oor jou gesondheid deur die Remedi toepassing vir slimfone of HealthID (vir dokters) te gebruik. Dit bevat baie inligting oor jou mediese geskiedenis.

02 | Vra vrae tot jy die antwoorde verstaan. Praat as jy vrae of kwellinge het, óf as jy nie self aan die gesprek kan deelneem nie, vra ’n gesinslid of vriend om jou by te staan om jou gesondheidsorgverskaffer te raadpleeg oor enige bykomende inligting wat jy nodig het.

03 | Help om infeksie te voorkom deur seker te maak dat jou hande skoon is en dat dit ontsmet is met ’n handontsmettingsmiddel wat alkohol bevat.

04 | Maak seker dat toetse en prosedures vir jou bedoel is. Die hospitaalpersoneel wat die toetse doen moet jou vir jou volle naam en geboortedatum vra.

05 | Kry die regte opvolgsorg deur te vra wanneer jy weer aan normale aktiwiteite kan deelneem. Wanneer jy ontslaan word, maak seker dat jy ’n geskrewe rekord het van wat fout was, watter prosedures gedoen is, en die name van jou ontslaanmedisyne.