Raak aan jou sleutelbord of skerm om Remedi te kontak

Kry die meeste uit u Voordeelopsie met die Remedi webwerf en oproepsentrum en Discovery se toepassing vir slimfone. Ons gee u die vermoë om ons te kontak en u voordeelopsie te bestuur wanneer dit u pas.

U Remedi-lidmaatskapinligting is altyd vrylik beskikbaar wanneer u inteken op ons webwerf, www.yourremedi.co.za. U kan ook Discovery se toepassing vir slimfone aflaai en inteken met dieselfde besonderhede as vir die webwerf. Dit laat u toe om u gesondheidsplan 24/7 te bestuur. U kan ons steeds by 0860 116 116 skakel of ’n e-pos met algemene lidmaatskapnavrae stuur na service@discovery.co.za

Bestuur u Voordeelopsie op www.yourremedi.co.za of gebruik die Discovery-toepassing

Dien eise in en sien reeds verwerkte eise

U hoef nie u eise per hand of deur die pos in te dien nie. U kan ook u eise deur die toepassing vir slimfone indien. U kan al die verwerkte eise sien en nagaan deur die eishulpmiddel op die slimfoontoepassing of die Remedi-webwerf te gebruik.

Soek ’n gesondheidsorgverskaffer naby u wat in ons netwerk is

U kan ons Medical and Provider Search (MaPS)-hulpmiddel gebruik om ’n gesondheidsorgverskaffer in ons netwerk te kry en ’n bybetaling te vermy. Teken in by www.yourremedi.co.za en kies Find a healthcare professional.

Kry toegang tot belangrike dokumente

U kan belangrike dokumente soos u lidmaatskapsertifikaat en belastingsertifikaat deur die webwerf aanvra. Ons stuur dan die dokumente na u e-posadres.

Bly op hoogte van u voordele

U kan aanlyn op hoogte bly van al u beskikbare voordele. As u ’n voordeelopsie met ’n Persoonlike Mediese Spaarrekening het, kan u sien hoeveel u spandeer het en hoeveel daar in u Persoonlike Mediese Spaarrekening oor is.

U kan ook ons oproepsentrum by 0860 116 116 skakel en een van ons agente sal u help om u voordele te bestuur.

U Remedi-voordele is maklik byderhand!