VOORBEREIDING VIR OUERSKAP
Ons het hierdie spesiale program saamgestel om verwagtende ouers gedurende die swangerskap, geboorte en die baba se eerste jaar te ondersteun.
Registreer vandag en geniet:
- 'n Swangerskapsjoernaal om dagboek te hou van die spesiale tyd
- Toegang tot ons swangerskap-en-baba-webwerf
- Weeklikse e-posbrokkies oor u baba se ontwikkeling
- Mylpaalboek om belangrike datums en oomblikke aan te teken
- CPR classes*.
- Klasse in kardiopulmonêre resussitasie (KPR)*
- Die Mediclinic Baby-toepassing
- Pasgemaakte voorgeboorteprogramme, met al die professionele hulp wat u benodig*
- Luukse voorgeboorteklasse vir besige paartjies oor naweke
- Bystand met werkloosheidsversekeringseise en geboorteregistrasies
- Moeder-en-baba-geskenksakkie, sertifikaat met afdruk van baba se voetjie, webwerf-foto en ’n spesiale vieringsverrassing
- Nageboorte-ondersteuning*
- 24-uur-hulplyn en ondersteuning om al u swangerskaps- en babaverwante navrae te beantwoord: 0860 233 333.
Registreer aanlyn by www.mediclinicbaby.co.za of SMS ‘register4baby’ na 37838.
Indien u meer inligting wil hê, stuur ’n e-pos na mediclinicbaby@mediclinic.co.za of skakel u naaste Mediclinic-hospitaal.
*Slegs by deelnemende hospitale.
Fooie, bepalings en voorwaardes mag van toepassing wees.