Dit is tyd om u kontakbesonderhede by te werk

Die seisoen draai en dit raak tyd om die truie te bêre en koeler klere uit te pak. Die lente is ook ’n goeie tyd om seker te maak u gebruik nog al die items in u huis. By Remedi dink ons die lente is ’n goeie tyd om seker te maak dat ons u jongste kontakbesonderhede het.

Dit is belangrik dat ons u regte kontakbesonderhede het aangesien ons besig is om gereed te maak om jaareindinligting oor veranderinge aan u opsies en voordele vir 2019 uit te stuur. Hoewel ons meestal van e-pos gebruik maak, moet u asseblief steeds seker maak dat die posadres wat ons vir u het reg is, omdat dit belangrik is vir dokumente soos u belastingopgawes.

Solank ons u e-pos en selfoonnommer op lêer het, kan u u besonderhede bywerk wanneer dit u pas deur in te teken by www.yourremedi.co.za. Indien u dit verkies, kan u ook u besonderhede telefonies bywerk deur 0860 116 116 te skakel.

Hersien u besonderhede aanlyn

  1. Teken aan by www.yourremedi.co.za
  2. Klik op PORTFOLIO.
  3. Op die aftrek-kieslys, klik op Update Your Details. Dit sal die One Time Password settings-blad oopmaak.
  4. Kies hoe u ’n eenmalige wagwoord (“one-time password” of “OTP”) wil ontvang – e-pos of SMS.
  5. Tik die eenmalige wagwoord in en maak seker u besonderhede is reg.
  6. Klik die Submit-knoppie om u veranderinge vas te vang.