Bly veilig en bel vir ER24 indien jy hulle nodig kry

Jy dink waarskynlik dat mense op vakansie gaan as hulle sê dat hulle reis. Eintlik reis ons almal elke dag wanneer ons skool toe of werk toe gaan, kruideniersware koop of by vriende gaan kuier. In Suid-Afrika behels dit gewoonlik dat jy bestuur. Daar is baie dinge wat jy kan doen om jouself, jou gesin en jou vriende veilig te hou op die paaie.

Selfs al doen jy alles reg, kan ongelukke helaas steeds gebeur. Indien jy ná 'n ongeluk of enige ander mediese noodgeval vervoer nodig het wat medies toegerus is, bel vir ER24 by 084 124. Sit nou die nommer op die kontaklys van jou selfoon.

Log in