Boodskap van die Hoofbeampte
Bekendstelling van Remedi Medical Aid Scheme se verfriste, verbeterde, herontwerpte handelsmerk.
Ons het oor die afgelope paar maande 'n baie opwindende reis onderneem om Remedi se handelsmerk te verfris. Dit was nodig omdat die wêreld van mediese skemas gedurigdeur verander en ontwikkel en ons moes seker maak dat ons vir jou, ons lid, aantreklik bly. Die nuwe handelsmerk beeld groei, innovering, jeug en 'n gesonde lewenstyl uit.
Die ontwerp is geïnspireer deur die feit dat Remedi in 'n ontwikkelingsfase is en as handelsmerk die beste deel van sy erfenis na vore bring om na jou gesondheidsorgbehoeftes om te sien. Die vorm is van 'n plant ontleen wat ontwikkeling oor tyd uitbeeld. Die manier waarop dit ontwerp is, gee 'n progressiewe en moderne voorkoms daaraan. Dit beaam hoe gesondheidsorg en Remedi se handelsmerk tot in die moderne era ontwikkel het. Die groen skakerings beeld uit dat die Skema geïnspireer word deur die groeifase waarin Remedi as handelsmerk is. Die groen kleur is bekend vir sy gebalanseerde genesingseienskappe; dit is 'n natuurlike, kalm kleur wat hernuwing en groei simboliseer.
Ons bied jou, as lid, gemoedsrus en die vermoë om op jou take en produktiwiteit te fokus deurdat jy altyd weet dat ons aan jou sy is. Ons bied jou 'n vennootskap wat een doel voor oë het - om beter gesondheidsorgkeuses te bied vir die diverse lede wat Remedi verteenwoordig. Ons bereik dit alles deur:
- Kostedoeltreffende gesondheidsorgvoordele
- Doeltreffende en kundige administrasie
- Doeltreffende en innoverende produkte
Remedi het nou 'n vars, selfversekerde, nuwe voorkoms met sterk, suiwer kleure wat innovasie en vooruitgang uitbeeld.
Ons mag wel besig wees om ons handelsmerk te verander, maar jy het steeds toegang tot die uitstekende diens en voordele waaraan jy gewoond geraak het. Oor die volgende paar weke sal jy die verskil in die voorkoms van die volgende elemente begin sien:
- Webwerf
- Toepassing ("app")
- Nuusbriewe
- State
- E-posbaniere
- Voordeelbrosjures
- Plakkate
- Video's en nog baie ander elemente
Daar sal mettertyd meer besonderhede oor hierdie opwindende veranderinge op ons webwerf beskikbaar wees. As jy dus op Remedi Medical Aid Scheme se webwerf geregistreer het, teken met jou bestaande gebruikersnaam en wagwoord aan.
Nog nie geregistreer nie? Besoek ons webwerf > REGISTER en begin binne sekondes.
Sluit by ons aan op hierdie wonderlike reis van verandering