Spoor moontlike probleme vroeg op

Voorkomende siftingstoetse is belangrik omdat dit seker maak dat jy moontlike mediese toestande vroeg opspoor sodat ons seker kan maak dat jy die beste sorg kry.

Die Siftings- en Voorkomingsvoordeel betaal vir bepaalde toetse sonder dat die koste uit jou dag-tot-dag-voordele of die geld in jou Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal word. Terwyl ons vir siftingstoetse uit die Siftings- en Voorkomingsvoordeel betaal, betaal ons die koste van die konsultasie (as daar een is) uit jou dag-tot-dag-voordele.

As jy 'n netwerkverskaffer gebruik, betaal ons die volle koste. As jou gesondheidsorgverskaffer meer as Remedi se tarief vra, moet jy die res betaal.

Gesondheidsondersoek

Jy het dekking vir een gesondheidsondersoek 'n jaar. As deel van hierdie gesondheidsondersoek, kyk 'n welstandspesialis na jou:

  • Bloedsuiker
  • Bloeddruk
  • Cholesterol
  • Liggaamsmassa-indeks (BMI)

Ons dek slegs die volle koste van die gesondheidsondersoek indien jy al die ondersoeke op een slag by 'n deelnemende apteek of by 'n korporatiewe welstanddag laat doen. Besoek www.yourremedi.co.za om 'n netwerkapteek te vind.

Siftingstoetse

Jy het dekking vir hierdie toetse:

  • Een mammogram per jaar (vrouens)
  • Een Papsmeer per jaar
  • Een prostaatspesifieke antigeen (PSA)-toets per jaar
  • MIV-bloedtoetse (2 × sneltoetse, 2 × ensiemgekoppelde immuunsorberende essai (ELISA), onbeperk volgens die vereistes van Voorgeskrewe Minimum Voordele)

Kyk hier na 'n spesiale boodskap van Tatjana Schoenmaker oor hoekom dit belangrik is om so gesond en fiks moontlik te wees.

Log in