Dekking vir chroniese toestande en die uitsluitings
Lede wat op die Omvattende en Klassieke Opsies geregistreer is, kry toegang tot dekking vir nog 'n lys met toestande.
Daar word dikwels na hierdie lys toestande verwys as die "Lys van Bykomende Siektes" en dit bied aan lede wat op die Omvattende en Klassieke voordeelopsies geregistreer is ekstra dekking vir chroniese toestande bo en behalwe die 27 toestande op die Lys van Chroniese Siektes (wat MIV insluit).
Die Lys van Bykomende Siektes sluit heelwat chroniese toestande uit, soos die toestande in hierdie tabel:
Aambeie |
Koorsblare |
Aktiniese keratose |
Kwale van die oog se bindvlies (konjunktiva) |
Akute bakteriese en virale infeksies |
Lewersirrose weens alkoholmisbruik |
Alopesie (haarverlies) |
Mastalgie (pyn in die borste) |
Artralgie (gewrigspyn) |
Ongespesifiseerde hoes |
Dermatofiet, onigomikose, dermatofietiese onigie |
Oppervlakkige swaminfeksies |
Diarree |
Orale en vaginale sproei/Candida |
Dismenoree/menoragie |
Ouderdomsdemensie/kognitiewe demensie - medisyne soos Nootropil, Encephabol en Reactivin is uitgesluit |
Dispepsie (slegte spysvertering) |
Prikkelbaredermsindroom |
Disurie |
Pyn, niespesifiek |
Edeem - wel dekking as dit weens kardiovaskulêre toestande is |
Rugpyn |
Erektiele disfunksie |
Rustelose bene of krampe |
Fibromialgie/mialgie |
Sinusitis |
Fibrositis |
Skilfers/seborree (douwurm) |
Folaattekort |
Slaaploosheid - wel dekking vir lede wat terminaal siek is of ouer as 70 jaar is, en as onttrekkingsterapie vir 6 maande. Geen nuwe aansoeke word toegelaat nie |
Follikulitis |
Spatare |
Halitose (slegte asem) |
Urtikarie |
Hardlywigheid - tensy die diagnose divertikulêre siekte is of as dit weens chemoterapie is |
Vetsug (obesiteit) |
Hiperasiditeit/sooibrand - moet spesifieke diagnose hê, nie net simptome nie |
Voetskimmel (atleetvoet) |
Hipotensie (lae bloeddruk) |
Voorbehoeding |
Hirsutisme (oormatige haargroei) |
Winderigheid (flatulensie) |
Hoofpyn (niespesifiek) |
|
Die normale aansoekproses vir die Voordeel vir Chroniese Siektes moet gevolg word wanneer jy aansoek doen vir dekking van 'n toestand op die Lys van Bykomende Siektes (dekking is onderhewig aan oorweging en goedkeuring). Sodra dekking vir die toestand en medisyne gemagtig is, sal eise tot die toepaslike limiete vir jou voordeelopsie oploop. Hier is die limiete op die Omvattende en Klassieke voordeelopsies vir 2023:
Voordeelopsie |
Voordeelbedrag of -limiet |
|
Omvattende Opsie |
R2,315 |
Per persoon per maand |
Klassieke Opsie |
R1,930 |
Per persoon per maand |
Vir meer inligting oor jou dekking vir chroniese siektes, besoek ons webwerf by www.yourremedi.co.za of skakel ons by 0860 116 116.