Jou dekking vir noodhospitaalopnames
'n Noodgeval kan onverwags voorkom, so dit is noodsaaklik om te weet wat om te doen as jy skielik noodbehandeling by 'n hospitaal moet kry. Hierdie artikel beskryf die stappe wat jy in 'n noodgeval moet neem, hoe jy vir Voorgeskrewe Minimum Voordeel-behandeling gedek word wanneer jy in 'n hospitaal opgeneem word en hoe die dekking tussen die drie Remedi-voordeelopsies verskil.
Verstaan noodhospitaalopnames en Voorgeskrewe Minimum Voordeel-dekking
In die geval van 'n noodgeval is dit belangrik om jou dekking te verstaan en te weet wat jy moet doen. Remedi bied drie voordeelopsies, naamlik die Standaard, Klassieke en Omvattende Opsie. Elke opsie bied 'n ander vlak van dekking vir noodhospitaalopnames en Voorgeskrewe Minimum Voordeel-behandeling. Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV) is 'n stel omskrewe voordele wat verseker dat almal wat lid van 'n mediese skema is, toegang tot sekere minimum gesondheidsdienste het, ongeag van die voordeelopsie wat hulle gekies het.
Hier is die feite
1. Remedi se voordeelopsies
- Remedi Standaard
- Remedi Klassiek
- Remedi Omvattend
2. VMV-hospitaalnetwerk
Remedi het die Mediclinic-groep van hospitale gekontrakteer om 'n VMV-hospitaalnetwerk te verskaf. Hierdie netwerk poog om die kostes te beperk wat jy uit jou eie sak moet betaal deur volle dekking vir VMV-toestande by hierdie fasiliteite te verseker. Dit werk so
- Jy moet 'n primêre verskaffer kies wat 'n direktebetalingsooreenkoms met Remedi het om die opname in die hospitaal te vergemaklik.
- Jy moet die behandeling kry by 'n hospitaal wat deel van die VMV-hospitaalnetwerk is.
- Ons betaal alle verwante rekeninge tydens die opname teen die gekontrakteerde tarief of teen kosprys, mits die behandeling binne die definisie van VMV-sorg val.
As jy kies om 'n gesondheidsorgverskaffer te gebruik wat nie deur Remedi gekontrakteer is nie (nie 'n aangewese diensverskaffer van Remedi of 'n netwerkverskaffer is nie), mag ons die betaling tot 100% van die Skematarief beperk. As jy egter onwillekeurig 'n verskaffer gebruik wat nie 'n aangewese diensverskaffer is nie, sal ons die koste van die VMV-behandeling ten volle betaal. Hierdie situasie kan voorkom as jy tydens 'n noodgeval in 'n fasiliteit in die VMV-hospitaalnetwerk opgeneem word en 'n narkotiseur wat nie aan Remedi gekontrakteer is nie, word aan jou toegewys. In sulke gevalle het jy dus nie die opsie om 'n aangewese diensverskaffer te kies nie.
3. Nood- mediese toestande
'n Nood- mediese toestand word omskryf as die skielike en onverwagte aanvang van 'n gesondheidstoestand wat onmiddellike mediese of chirurgiese behandeling vereis. Sonder hierdie behandeling sal daar ernstige inperking van liggaamsfunksies, ernstige wanfunksionering van 'n liggaamsorgaan of lewensbedreigende gevolge wees.
4. Dekkingsbesonderhede
- In 'n noodgeval kan jy na enige hospitaal toe gaan en Remedi sal die koste vir die eerste 24 uur dek of totdat jy stabiel is.
- As verdere behandeling nodig is, mag jy na 'n hospitaal in die VMV-hospitaalnetwerk verskuif word
- As jy kies om by die aanvanklike hospitaal te bly, mag jy verantwoordelik wees vir die koste wat meer as die Skematarief is.
5. Hospitaalopnames
Hospitaalopnames word uit jou gekose voordeelopsie se hospitaalvoordeel betaal. Die hospitaalvoordeel dek hospitaalkoste en verwante rekeninge, soos dié van die dokter wat jou laat opneem, die narkotiseur en enige radiologie en patologie.
Wat jy moet doen
- Verstaan jou voordeles
- Raak vertroud met die voordele wat op jou gekose Remedi-opsie beskikbaar is.
- Stel Remedi in kennis:
- In geval van 'n noodgeval of na-ure opname, stel Remedi binne 24 uur of op die volgende werksdag in kennis. Jou gesin sal ons namens jou moet laat weet as jy nie self in staat is om dit te doen nie.
- Bel 0860 116 116 om met 'n konsultant te praat en 'n magtigingsnommer te kry.
- Kies die regte verskaffer:
- Gebruik Remedi se toepassing vir slimtoestelle (app) of ons webwerf om aangewese diensverskaffers te vind en maak seker dat jou gekose verskaffers deel van die VMV-hospitaalnetwerk is.
- Hou jou inligting byderhand:
- Dra altyd jou Remedi-registrasiebesonderhede by jou.
- Laai jou elektroniese lidkaart van Remedi se toepassing af en hou 'n afskrif in jou beursie
- Wys 'n primêre huisdokter aan:
- As jy op Remedi se Standaard Opsie is, maak seker dat jy 'n primêre huisdokter aanwys wat in Remedi se Standaard Opsie-huisdokternetwerk is.
- Kry voorafmagtiging vir opnames vanaf die ongevalle-eenheid
- o As jy vanaf 'n ongevalle-eenheid in die hospitaal opgeneem word, maak seker jy kry binne 24 uur voorafmagtiging sodat jy enige boetes vermy.
Deur hierdie stappe te volg, kan jy seker maak dat jy die nodige sorg in 'n noodgeval ontvang en dat jou VMV-verwante eise korrek betaal word. Skakel ons by
0860 116 116 indien jou eise nie korrek betaal word nie.