Geestesgesondheid maak saak - Bou Balans op deur die Vier Pilare
Wanneer ons aan gesondheid dink, fokus ons dikwels op liggaamlike fiksheid soos om gesond te eet, gereeld te oefen en aktief te bly. Jou geestesgesondheid is egter net so belangrik vir 'n vervullende, gebalanseerde lewe. Jou geestelike en liggaamlike welstand is trouens diep met mekaar verbind.
Om jou te help om jou geestesgesondheid beter te verstaan en te ondersteun, kyk ons na die vier steunpilare van geestesgesondheid: emosionele, sosiale, finansiële en liggaamlike welstand.
Die Feite
Emosionele Welstand
Emosionele gesondheid gaan daaroor om te verstaan wat jy voel en dan met jou emosies te handel asook om op 'n gesonde manier daaraan uiting te gee. Dit sluit selfbewustheid, veerkragtigheid en die vermoë in om stres te hanteer. Mense wat emosioneel gesond is, is meer geneig om hulp te soek wanneer dit nodig is en hulle herstel vinniger van die uitdagings van die lewe.
As jy jou emosionele gesondheid afskeep, kan dit jou immuunstelsel verswak en tot swak leefstylkeuses lei. Deur voorkeur daaraan te gee, help dit jou om geanker te bly en dit rus jou beter toe om die op- en afdraandes van die lewe te hanteer.
Sosiale Welstand
Sterk verhoudings met jou familie, vriende en kollegas bied emosionele ondersteuning en die gevoel dat jy hier hoort. Hierdie verbintenisse kan stres verminder, jou gelukkiger maak en selfs jou liggaamlike gesondheid verbeter.
Aan die ander kant kan eensaamheid of onopgeloste konflik jou geestestoestand negatief beïnvloed. Maak tyd om betekenisvolle verhoudings te koester en reik uit wanneer jy ondersteuning nodig het. Om bande te hê is die sleutel tot geesteswelstand.
Finansiële Welstand
Finansiële stres is een van die grootste oorsake van angs. Finansiële welstand gaan egter nie oor hoeveel jy verdien nie; dit gaan eerder oor hoe in beheer jy van jou geld voel, hoe voorbereid jy op onverwagte uitgawes is en hoe jy werk om jou doelwitte te bereik.
Wanneer finansiële bekommernisse ophoop, kan dit jou slaap, bui en verhoudings beïnvloed. Deur finansiële geletterdheid op te bou en leiding te soek wanneer nodig, kan jy veiliger en minder oorweldig voel.
Liggaamlike Welstand
Jou liggaam en gees is nou verweef. Gereelde oefening, voedsame kos, gehalte slaap en goeie higiëne dra alles tot beter geestesgesondheid by. Wanneer jou liggaam goed voel, verbeter jou bui en energievlakke dikwels.
Swak liggaamlike gesondheid kan tot 'n lae selfbeeld en selfs depressie lei. Om jou liggaam te versorg is 'n kragtige manier om jou geestesgesondheid te ondersteun.
Die Aksies
Geestesgesondheid is 'n lewenslange reis wat ondersteun word deur die balans tussen hierdie vier pilare. Deur jou emosionele, sosiale, finansiële en liggaamlike welstand te koester, bou jy 'n sterk grondslag vir veerkragtigheid, geluk en 'n gesonder lewe.
Neem vandag klein treetjies; jou liggaam en gees sal jou bedank.
Sorgprogram vir Geestesgesondheid
Remedi se Sorgprogram vir Geestesgesondheid help huisdokters (algemene praktisyns) om ernstige depressie vinnig te identifiseer en behandeling te begin. Dit maak dit makliker om geestelike en liggaamlike gesondheidsorg te integreer, sodat jy vinniger hulp kan kry.
Vind hier meer uit oor die Sorgprogram vir Geestesgesondheid.