Gebruik fisiese aktiwiteit, slaap en voeding om jou geestelike welstand te verbeter

Geestesgesondheidsbewustheid is die hele jaar lank belangrik en ons wil jou as Remedi-lid aanmoedig om jou geestesgesondheid voorop te stel. Ons kyk na drie noodsaaklike pilare wat jou kan help om 'n gesonde gees te handhaaf: liggaamlike aktiwiteit, slaap en voeding

Liggaamlike aktiwiteit stel endorfiene vry

Liggaamlike aktiwiteit is 'n kragtige hulpmiddel om geestelike welstand te bevorder. Dit stel endorfiene vry, wat breinchemikalieë is wat as natuurlike pyn- en stresverligters optree

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne moet volwassenes elke week een van die volgende doen vir aansienlike gesondheidsvoordele:

  • Ten minste 150 tot 300 minute se liggaamlike aktiwiteit teen matige intensiteit
  • Ten minste 75 tot 150 minute se liggaamlike aktiwiteit teen strawwe intensiteit
  • Aktiwiteit teen matige en strawwe intensiteit in gelyke mates.

Die organisasie sê ook dat dit bewys is dat gereelde liggaamlike aktiwiteit nie-oordraagbare siektes soos hartsiektes, beroertes, diabetes en verskeie soorte kanker help voorkom en bestuur.

Die voordele van aktief bly eindig ook nie daarby nie.'n Studie het berig dat liggaamlike aktiwiteit aansienlike voordele bied deurdat dit simptome van depressie, angs en sielkundige nood in 'n wye verskeidenheid volwassenes verlig. Dit het ook bygevoeg dat "liggaamlike aktiwiteit 'n steunpilaarbenadering moet wees in die hantering van depressie, angs en sielkundige nood."

Behoorlike slaap is belangrik vir jou welstand

'n Referaat wat in April 2018 gepubliseer is, het genoem dat slapeloosheid ('n algemene slaapversteuring), as 'n simptoom, aan geestesgesondheidsprobleme verbind is en dat dit die teenwoordigheid van ernstige depressiewe versteuring met 60% tot 70% akkuraatheid kan aandui. Moenie onderskat hoe belangrik 'n goeie nagrus vir jou welstand is nie.

Hier is wenke om jou te help om slaap van goeie gehalte te kry:

  • Vermy elektronika 'n uur voor slaaptyd of verdof net al jou ligte
  • Vind 'n balans tussen genoeg slaap en slaap van goeie gehalte
  • Drink 'n koppie kamilletee voor slaaptyd
Voel beter van binne

Om goed te eet, help jou om van binne af beter te voel. 'n Gebalanseerde dieet, ryk aan noodsaaklike voedingstowwe en minerale, is noodsaaklik vir algehele gesondheid en welstand.

'n Mediterreense dieet vir 'n gesonde gees sluit in:

  • Blaargroentes en ander plantgebaseerde kos
  • Kos wat ryk aan omega 3-vetsure is (soos vetterige vis, okkerneute en avokado)
  • Ekstra suiwer olyfolie
  • Donkersjokolade met minstens 70% kakao
  • Neute en peulgewasse (soos bone, lensies en ertjies)
  • Volgraan items
  • Genoeg water om gehidreer te bly

Om aktief te bly, behoorlik te slaap en goeie voeding in te kry, is 'n stewige grondslag vir 'n gesonder verstand. As jy daarin belê, kan jy 'n gesonder, gelukkiger en meer vervulde lewe lei.

As 'n lid van Remedi het jy toegang tot die geestesgesondheidsorgprogram, hetsy deur jou netwerksielkundige of jou Premier Plus-huisdokter. Met hierdie program kan jy vir ses maande lank bykomende ondersteuning vir die hantering van ernstige depressie kry.

Dit sluit dekking in vir:

  • Voorgeskrewe medisyne
  • Psigoterapiesessies (beide vir individuele en groepsessies, aanlyn en van aangesig tot aangesig)
  • Ekstra konsultasies met jou Premier Plus-huisdokter huisdokter om jou vordering te monitor

Vanaf Januarie 2024 is internetgebaseerde kognitiewe gedragsterapie deur die SilverCloud-platform ook by die geestesgesondheidsorgprogram ingesluit!

Kwalifiserende lede kry ook toegang tot 'n program om terugvalle te voorkom. Dit dek:

  • Psigiatriekonsultasies
  • Beradingsessies
  • Koördinering van versorgingsdienste

Vir meer besonderhede oor die verbeterings aan geestesgesondheidsdekking in 2024, lees bladsy 38 van jou voordeelbrosjure.

Kom meer te wete oor die stappe wat jy moet volg om toegang tot noodsaaklike voordele vir jou reis na geestesgesondheidsorg te kry deur die skakel wat verskaf word, te volg.

JOU GESONDHEIDSORG VIR GEESTESGESONDHEID

Log in