Uitslae van die 2025-meningspeiling van Remedi-lede wat deur Greenfields Research gedoen is.

Ons doen elke tweede jaar 'n meningspeiling onder Remedi-lede om voortdurend te verseker dat ons geregistreerde lede tevrede is met hulle mediese dekking. Ons het gevind dat, oor die algemeen, die uitslae steeds 'n algehele tevredenheidspersentiel van om en by 80% aanteken. Ons is gelukkig en tevrede daarmee. In hierdie artikel bespreek ons die doel van die opname en vergelyk ons die uitslae met vorige jare.

Die opname is uitgevoer om:

  • Vas te stel hoe tevrede en toegewyd Remedi-lede oor die algemeen is
  • Lede se bewustheid, kennis en gebruik van die voordeeldekking vir voorkomende sorg te bepaal
  • Te meet hoe lede die diensverskaffersnetwerke gebruik en verstaan asook wat hulle belewenis daarvan is
  • Te verstaan hoe lede netwerke in ag neem wanneer hulle van medieseskema-opsie verander
  • Te bepaal hoe tevrede lede oor die algemeen is met die voordele wat Remedi aanbied, asook met spesifieke voordele en hoe belangrik dit vir lede is
  • Lede se algehele tevredenheid met die administratiewe dienste te bepaal en vas te stel op watter gebiede verbeter kan word
  • Te verstaan watter kommunikasiekanale lede verkies en hoe hulle dit gebruik
  • Lede se algehele tevredenheid met die kwaliteit van die oproepsentrum te bepaal en vas te stel op watter gebiede verbeter kan word
  • Te evalueer hoe bewus lede van Remedi se welstandsprogram is en hoe waardevol hulle dit vind
  • Te bepaal hoe sterk Remedi se handelsmerk is in vergelyking met ander mediese skemas
  • Belangrike gebiede te identifiseer waar Remedi sy dienste kan verbeter
Die uitslae vir 2025 is oor die algemeen bevredigend

Hier onder is sommige van die belangrikste uitslae en 'n aanduiding van hoe Remedi en sy administrateur, Discovery Health, vanaf 2013 tot op hede gevaar het. Die 2025-uitslae vergelyk gunstig met die gemiddelde van vorige opnames en is oor die algemeen bevredigend.

  2025 2023 2021* 2019 2017 2015 2013 Gemiddeld
Algehele tevredenheid 80% 79% 86% 75% 80% 76% 73% 78%
Remedi is bekostigbaar 76% 80% 85% 67% 76% 76% 71% 76%
Remedi dek jou gesondheidsbehoeftes ten volle 80% 80% 90% 72% 81% 72% 63% 77%
Tevredenheid met administrateur 88% 86% 88% 79% 87% 81% 73% 83%
Steekproefgrootte 1,804 1,844 1,827 1,271 1,244 990 1,022 1,428

* 2021: COVID-19

  • Algehele tevredenheid het op 80% gebly, soortgelyk aan 2023, met die meeste lede wat steeds aangedui het dat hulle gelukkig/baie gelukkig met Remedi is. Lede op die Standaard-opsie was steeds die minste tevrede, maar die persentasie van diegene wat ongelukkig/baie ongelukkig was, het van 16% tot 9% afgeneem.
  • Minder lede het met die stelling "Remedi is bekostigbaar" saamgestem. Dit het van 80% tot 76% afgeneem. Lede van Heineken Beverages (81%) en Mediclinic (80%) het die meeste met die stelling saamgestem, terwyl 22% van BAT-lede en 12% van Tracker-lede nie saamgestem het nie.
  • Die algehele instemming dat "Remedi jou gesondheidsbehoeftes ten volle dek", het stabiel gebly op 80% met die hoogste vlakke van instemming onder Heineken- en Mediclinic-lede. BAT-lede (18%) en Tracker-lede (11%) het die meeste met die stelling verskil.
  • Die meeste lede wat die netwerk gebruik het, het 'n huisdokter gesien (96%) en 31% het 'n netwerkspesialis gesien. Van diegene wat 'n netwerk-huisdokter gesien het, het 85% saamgestem dat "die Remedi-huisdokternetwerk van goeie gehalte is" en 83% dat dit "geld spaar". Onder diegene wat 'n netwerkspesialis gesien het, het 90% die gehalte as goed beoordeel en 89% het gesê dat dit geld spaar .
  • Oor die algemeen was 84% van lede tevrede met die voordele wat Remedi aanbied.
  • Tevredenheid met administratiewe dienste, soos eise en betalings, het hoog gebly op 88%, met slegs 2% van lede wat aangedui het dat hulle ongelukkig/baie ongelukkig is (dit het afgeneem van die vorige 5%).
  • 82% het saamgestem dat "die oproepsentrum my oproep binne 'n aanvaarbare tyd beantwoord het" en 82% het saamgestem/sterk saamgestem dat "die oproepsentrum my navraag met die eerste oproep opgelos het".
  • 38% van Remedi se lede het reeds die selfoon toepassing afgelaai. Van diegene wat nie het nie, was 33% nie daarvan bewus nie, 34% het "nog nie daarby uitgekom nie" en 17% hou nie van selfoon toepassings nie.
  • Op die vraag "as jy enige mediese skema kon kies, watter een sou jy kies?", het die oorgrote meerderheid (95%) aangedui dat hulle nie Remedi sou verlaat nie.
  • Toe lede vir bykomende kommentaar gevra is om Remedi se doeltreffendheid te verbeter, het 16% beter kommunikasie genoem, 13% het verbeterde medisynevoordele voorgestel, 10% wou laer premies hê, 9% wou minder bybetalings hê en 7% het meer dag-tot-dag-voordele voorgestel.
Terugvoer vanaf lede

Meeste lede wat laer graderings gegee het, het voorgestel dat Remedi sy dienste en voordele op die volgende maniere kan verbeter:

  • Oproepsentrumdienste: Verseker dat agente goed ingelig is en vinniger op oproepe reageer.
  • Kommunikasie: Stel WhatsApp as 'n kommunikasiekanaal in en maak boodskappe eenvoudiger en duideliker.
  • Algemeen: Verhoog voordele vir oor- die-toonbank medisyne (medikasie sonder n voorskrif) en chroniese medisyne, verlaag bydraes en kommunikeer meer gereeld en duideliker.

Die uitslae van die meningspeiling is by 'n onlangse strategiesessie deur die Raad van Trustees bestudeer. Waar nodig, sal dit die vereiste aandag en fokus geniet, met die doel om lede se ervaring te verbeter.

Dankie aan elke lid wat aan die 2025-ledepeiling deelgeneem het. Ons waardeer jou terugvoer en verbintenis om Remedi 'n plek te maak waar jou gesondheid ons hoofprioriteit is.

Log in