Gaan jy reis? Wat jy kan doen as jy meer as 'n maand se medisyne nodig het
Om gedurende die feestyd te reis, vereis bietjie beplanning. Indien jy 'n chroniese toestand of 'n herhaalvoorskrif het, moet jy seker maak dat jy genoeg medisyne vir die reis het. Dit is deel van die beplanningsproses. Na gelang van waarheen jy reis en hoeveel medisyne jy gaan nodig hê, kan jy jou skemavoordele gebruik om vir die medisyne te betaal, mits jy ons vooraf daarvan laat weet.
Jou dekking vir 'n groter voorraad medisyne
Jy kan vir 'n groter hoeveelheid medisyne aansoek doen indien jy beplan om ander lande te besoek of selfs as jy binne Suid-Afrika se grense gaan bly.
Hoe om meer as een maand se medisyne te kry en hoe om ons te laat weet
- E-pos chronicqueries@yourremedi.co.za
- Skakel 0860 116 116
Hoeveel medisyne jy voor die tyd kan kry, hang af van waarheen jy gaan | Ekstra medisyne | Tydperk weg van die huis |
Een maand ekstra | Indien jy ver van jou gewone apteek af gaan:
|
|
Tot vier maande ekstra |
|
|
Vyf of ses maande ekstra |
|
Indien jy voorraad vir selfs 'n langer tydperk nodig het, kontak ons en laat ons weet. Ons besluit in elke afsonderlike geval of ons meer as ses maande se medisyne sal dek al dan nie, op grond van die spesifieke omstandighede.