Hoe ons lede met MIV en VIGS bystaan

Desember is die vakansie- en feestyd, maar dit is nie al wat dié maand gebeur nie. Wêreld VIGS-dag op 1 Desember herinner mense dwarsoor die wêreld om te weet wat hul status is en om die stryd teen die virus voort te sit, of hulle die virus het of nie. Moderne behandeling maak dit gelukkig moontlik vir mense met MIV om lank en gesond te lewe.

Ons weet dat MIV en VIGS 'n sensitiewe kwessie kan wees. Dus sal ons nooit sonder jou toestemming jou MIV-status met enigiemand deel nie. Indien jy die toestand het, sal ons bekwame en professionele span jou help om toegang tot klinies grondige en kostedoeltreffende behandeling vir jou individuele geval te kry.

MIV-sorgprogram

Wanneer jy vir die MIV-sorgprogram registreer, kry jy toegang tot die allesomvattende sorg wat jy nodig het. Sodra jy geregistreer is, betaal die Skema die volle koste van jou behandeling mits jy ons aangewese diensverskaffers gebruik en jou dokter medisyne voorskryf wat op ons medisynelys is. Met ander woorde, sodra jy geregistreer is, gebruik jy nie jou dag-tot-dag-voordele om na MIV en VIGS om te sien nie.

Om vir die MIV-sorgprogram te registreer, skakel ons by 0860 116 116.

Log in