Werk jou kontakbesonderhede by
In vandag se vinnige wêreld vol tegnologie is dit alledaags om bywerkings aanlyn te doen, soos om plasings op sosiale media te maak en die nuutste bedryfstelsel of toepassing te installeer. Daar is egter een soort bywerking wat grotendeels oorgesien word, naamlik om persoonlike besonderhede by te werk.
Feite
- Om jou persoonlike besonderhede bygewerk te hou, verseker dat ons altyd jou korrekte en jongste besonderhede het.
- Dit bespoedig verskeie prosesse, soos om magtiging vir hospitaaldekking en eisuitbetalings te kry.
- Dit help om jou op hoogte van sake te hou waar dit jou lidmaatskap en voordele aangaan.
Aksies
Om seker te maak dat ons jou korrekte en jongste kontak- en persoonlike besonderhede het, neem asseblief hierdie stappe:
- Meld met jou gebruikersnaam en wagwoord by www.yourremedi.co.za aan.
- Klik op My details.
- Klik op Update your details.
- Die webwerf sal aan jou 'n eenmalige PIN (OTP) stuur na die e-posadres wat ons vir jou het. Tik die OTP in en klik op Submit.
- Maak seker dat jou persoonlike, kontak- en adresbesonderhede korrek is en werk enigiets by wat verander het.
- Klik op Submit om jou nuwe besonderhede te stoor.
Dan is jy klaar! Nou weet jy dat jy geen belangrike boodskappe sal misloop nie.
As jy nie toegang tot ons webwerf het nie, kan jy jou besonderhede bywerk deur ons by 0860 116 116 te skakel | Bedryfsure: 08:00 - 17:00, Maandag tot Vrydag | Jy kan ook vir ons e-pos na service@yourremedi.co.za stuur.