Wat is mediese inflasie?

Mediese inflasie is die styging in die koste om mediese tendense en ontwikkelings te befonds. Soos die mediese wetenskap vorder, word mediese behandeling, toerusting en medisyne al hoe duurder. Mediese inflasie is 'n komponent van verbruikersprysinflasie (VPI) wat die styging meet in die pryse wat mense oor 'n bepaalde tydperk vir dienste en goedere betaal. Die afgelope paar jaar het mediese inflasie hoër as verbruikersprysinflasie geword. Dit is omdat mediese inflasie gedryf word deur faktore soos populasiegroei, 'n lang lewensduur (mense lewe nou baie langer as vroeër) en gesondheidskomplikasies, die ontwikkeling van nuwe mediese tegnologie, nuwe siektes, en die gebruik van private gesondheidsorgdienste.

Bydraeverhogings moet ooreenstem met die verwagte mediese inflasie om die langtermynvolhoubaarheid en voortgesette bekostigbaarheid van 'n mediese skema te verseker. Laer jaarlikse bydraeverhogings beteken dat lidmaatskap oor die korttermyn meer bekostigbaar is. Laer verhogings beïnvloed ongelukkig ook 'n skema se vermoë om eise te betaal sonder om in die toekoms óf hoë bydraeverhogings toe te pas, of voordele te verminder. As die verhogings hoër is, verlaag dit die risiko dat 'n skema bedryfsverlieste ly, maar dit kan mettertyd onbekostigbare bydraes veroorsaak. Wanneer mediese skemas besluit wat die beste strategie vir bydraeverhogings is, moet dit die langtermynvolhoubaarheid van die skema en die voortgesette bekostigbaarheid vir lede balanseer.

Log in