Ons digitale kanale vergemaklik en versnel die verwerking en betaling van jou eise
Remedi Medical Aid Scheme maak dit vir jou maklik om jou eise by die mediese skema in te dien wanneer jy een van ons digitale kanale gebruik. Ons bied gerieflike maniere om jou eise makliker en vinniger te verwerk.
Dien jou eise aan die mediese fonds op enigeen van die volgende 3 digitale maniere in:
1. Remedi se slimtoesteltoepassing
- Gaan na Claims onder die Health-oortjie ("tab") en klik op die + (simbool)
- Kies Submit photo of claim of Scan QR code on claim
- Gebruik jou foon se kamera om 'n foto van jou eis te neem of
- Gebruik jou foon om die QR-kode te skandeer wat die gesondheidsorgkundige op jou eis verskaf het.
- Klik Submit
2. Laai jou eis op
- Teken aan met jou geregistreerde besonderhede.
- Klik op die Claims-oortjie aan die bokant van die skerm.
- Klik op die Submit a claim-oortjie.
- Klik op Upload now en volg die stappe. Klik dan Send claim.
3. Stuur jou eise per e-pos na ons
Skandeer en e-pos eise na: claims@yourremedi.co.za