Jou privaatheid maak saak

In ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (ook POPIA genoem), neem ons alle voorsorgmaatreëls om seker te maak dat ons jou persoonlike inligting beskerm. Hierdie artikel bied 'n oorsig oor die privaatheidshulpmiddels en -beskermingsmaatreëls wat ons geïmplementeer het, soos die veilige e-posbus (Secure Inbox) en veilige PDF's. Dit gee jou ook raad oor waar jy die jongste geheimhoudingsverklaring, Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (ook PAIA genoem) - Handleiding en ander toepaslike dokumente kan vind.

Privaatheidshulpmiddels en -beskermingsmaatreëls

Veilige e-posbus (Secure Inbox): Ons maak seker dat alle kommunikasie wat persoonlike inligting bevat, behoorlik beveilig is en slegs toeganklik is vir die individue vir wie dit bedoel is. Ons Secure Inbox-oplossing, beskikbaar in Remedi se toepassing en op die webwerf, vereis 'n wagwoord om jou inligting te bekom, wat dit privaat en veilig hou.

Veilige PDF's: Wanneer ons e-posse stuur wat persoonlike inligting in PDF-aanhangsels bevat, voeg ons 'n bykomende laag sekuriteit by deur enkodering. Jy het 'n wagwoord (jou identiteitsnommer of geboortedatum) nodig om die dokument oop te maak en die inhoud te sien. Die enkodering bly van krag selfs al stuur jy die dokument aan iemand anders, soos jou finansiële adviseur.

Waar om die jongste geheimhoudingsverklaring en PAIA-handleiding te kry

Remedi se PAIA-handleiding en geheimhoudingsverklaring

Ons maak seker dat ons POPIA nakom deur die PAIA-handleiding beskikbaar te stel op ons webwerf in elektroniese formaat en 'n gedrukte weergawe by die Skema se geregistreerde kantoor by 1 Discovery Place, Sandhurst, Sandton 2196. Lede word aangemoedig om vertroud te raak met die inhoud van die PAIA-handleiding deur die Skema se privaatheidsportaal te besoek.

Remedi se privaatheidsportaal

Die PAIA-handleiding verskaf waardevolle inligting oor die doel van die verwerking van persoonlike inligting, hoe om klagtes by die Inligtingsreguleerder in te dien en hoe om Remedi se Inligtingsbeampte te kontak.

Dokumentbewaringsbeleid

Remedi het 'n dokumentbewaringsbeleid ingestel wat uiteensit hoe lank ons jou persoonlike inligting hou en die redes daarvoor gee. Jy kan die jongste dokumentbewaringsbeleid op die privaatheidsportaal gaan lees. Hierdie beleid verduidelik ook hoe jy ons kan vra om jou persoonlike inligting uit vee indien jy bedank of van Remedi Medical Aid Scheme onttrek.

Inligtingsbeampte

In ooreenstemming met wetgewende vereistes het Remedi 'n Inligtingsbeampte aangestel om seker te maak dat ons die POPIA-vereistes nakom. Die Inligtingsbeampte moet toesig hou oor die beskerming van jou persoonlike inligting en seker maak dat Remedi aan alle relevante regulasies voldoen.

Kommunikasievoorkeure

Jy kan kies watter tipe kommunikasie jy van Remedi ontvang en hoe jy dit ontvang. Jy kan jou kommunikasievoorkeure in Remedi se toepassing en op die webwerf bestuur. Dit is belangrik om jou kontakbesonderhede op datum te hou om seker te maak dat jy alle nodige inligting en bywerkings van Remedi ontvang.

Deur hierdie privaatheidshulpmiddels en -maatreëls te verstaan en te gebruik, kan jy seker maak dat jou persoonlike inligting beskerm word en veilig bly.

Log in