Reis jy rond? Wat om te doen as jy meer as een maand se voorraad medisyne benodig

Dit is weer moontlik om te reis; dit neem net so bietjie beplanning. As jy 'n chroniese toestand of 'n herhaalvoorskrif het, is 'n belangrike deel van die beplanningsproses om seker te maak dat jy genoeg medisyne het. Afhangend van waarheen jy gaan en hoeveel medisyne jy benodig, kan jy jou Skemavoordele gebruik om vir jou medisyne te betaal mits jy ons voor die tyd laat weet.

Jou dekking vir 'n groter voorraad medisyne

Jy kan nog altyd aansoek doen vir dekking vir 'n groter voorraad medisyne as jy van plan is om ander lande te besoek. Nou kan jy aansoek doen selfs al bly jy binne Suid Afrika se landsgrense. Ons het dit ook makliker gemaak om aansoek te doen.

Wat verander het as jy meer as een maand se voorraad medisyne wil kry
    Voorheen Nou
Hoe om ons te laat weet Voltooi 'n Request for extended supply of medicine-vorm E-pos chronicqueries@yourremedi.co.za
Bel 0860 116 116
Hoeveel medisyne jy voor die tyd kan kry, hang af van waarheen jy gaan Een ekstra maand
  • Gaan oorsee
  • Het bewyse dat jy gaan
Gaan ver weg van jou gewone apteek:
  • Oorsee
  • Suid-Afrika
Tot en met vier ekstra maande
  • Gaan oorsee
  • Het bewyse dat jy gaan
  • Gaan oorsee
  • Reis in Suid-Afrika ver van 'n netwerkapteek
Vyf of ses ekstra maande
  • Gaan oorsee
  • Het bewyse dat jy gaan
  • Gaan oorsee
  • Reis in Suid-Afrika ver van 'n netwerkapteek
  • Het bewyse waarheen jy gaan

As jy voorraad vir meer as ses maande benodig, kontak ons en laat ons weet. Die Skema sal vir elke geval besluit of ons meer as ses maande se voorraad medisyne sal dek of nie, afhangend van die omstandighede.

Log in