Sê jou sê by vanjaar se algemene jaarvergadering

Ons algemene jaarvergadering (AJV) vind in Junie 2022 plaas. Alhoewel dit dalk nie die opwindendste manier is om 'n middag te verwyl nie, gee jou bywoning van die algemene jaarvergadering jou die geleentheid om: uit te vind wie as Trustees verkies is en hulle te ontmoet, oor Remedi se finansiële status te leer en ook om te leer oor veranderinge wat jou lidmaatskap kan beïnvloed. Dit bied jou ook die geleentheid om vrae te vra oor hoe Remedi bestuur word en besprekings te begin oor sake wat die Skema raak.

Hooflede kan vanjaar se algemene jaarvergadering in lewende lywe of aanlyn bywoon. Hoeveel mense in persoon die vergadering sal kan bywoon, hang af van die COVID-19-regulasies in Junie. Die regulasies kan beperk hoeveel mense byeenkomste in persoon kan bywoon. Ons sal nader aan die tyd die uitnodiging deel en die formaliteite uiteensit.

Log in