Om vir gereelde voorkomende siftingstoetse vir algemene siektes te gaan, is een van die grootste beleggings wat jy vir jou gesondheid kan maak

Deur met jou jaarlikse gesondheidsondersoeke vol te hou, kan jy verseker dat die lewe wat jy lei die lewe is waarvan jy hou.

Hier is 'n paar van die noodsaaklike siftingstoetse vir fisieke gesondheid waarvoor jy gereeld moet gaan:

Kontrolering van jou bloeddruk

"Hoë bloeddruk is 'n groot risikofaktor vir hartsiektes en beroertes en dit het dikwels geen voelbare simptome nie," sê kliniese kardioloog, dr. David Jankelow.

"'n Eenvoudige bloeddruktoets kan help vasstel of jy hoë of selfs lae bloeddruk het en jou bemagtig om jou bloeddrukvlakke beter te bestuur. Deur kliniese aanbevelings te volg en 'n gesonder leefstyl te lei, is dit heeltemal moontlik om jou risiko vir ernstige gesondheidsprobleme te verminder en selfs te voorkom dat jy dit in die toekoms kry," voeg hy by.

Cholesteroltoetse

"Jou cholesterolvlak is 'n goeie aanduiding van jou algehele hartgesondheid," sê dr. Jankelow. "Hoë vlakke van slegte cholesterol (of LDL-cholesterol) kan jou risiko vir hartsiektes verhoog. Hierdie vlak moet altyd laer as 100 wees," voeg hy by.

'n Eenvoudige bloedtoets, wat ons 'n lipiedpaneel of lipiedprofiel noem, meet jou cholesterolvlakke en help vasstel of dit nodig is om enige leefstylveranderinge aan te bring om jou hartgesondheid beter te beskerm of te verbeter.

Siftingstoets vir diabetes

In 'n wêreld waar kitskos goedkoop, maklik toeganklik en soms 'n gerieflike opsie vir 'n besige skedule is, is diabetes 'n gesondheidskwelling wat vinnig al hoe groter word. Vroeë opsporing is die sleutel tot die bestuur van die toestand en dit verlaag jou risiko vir ernstige gesondheidskomplikasies.

'n Vinnige bloedtoets kan bepaal of jy die risiko daarvoor loop en gereelde ondersoeke by jou gesondheidsorgpraktisyn kan jou help om die siekte te bestuur om verdere komplikasies te voorkom.

Assessering van jou gewig of liggaamsmassa-indeks (BMI)

Dit is 'n siftingsinstrument wat die verhouding van jou lengte tot jou gewig bepaal om sodoende te skat hoeveel liggaamsvet jy het. Hoe hoër jou BMI is, hoe groter is jou risiko vir sekere siektes, soos hartsiektes, hoë bloeddruk, tipe 2-diabetes, galstene, asemhalingsprobleme asook sekere kankers.

Siftingstoetse vir kanker

Gereelde kankersiftingstoetse, soos mammogramme, papsmere en kolonoskopies, help om kanker vroeg op te spoor. Behandeling vir kanker wat vroeg opgespoor word is baie doeltreffender en baie goedkoper. Om vir hierdie ondersoeke te gaan, kan jou lewe red en dit is noodsaaklik om jou algemene gesondheid te handhaaf.

Lede van Remedi het toegang tot noodsaaklike siftings- en voorkomingsvoordele, wat die volgende insluit:

  • Mammogram (siftingstoets vir borskanker)
  • Papsmeer (siftingstoets vir servikale kanker)
  • PSA-toets (prostaat-siftingstoets)
  • Siftingstoets vir dermkanker - wat een toets vir fekale okkulte bloed of 'n fekale immunochemiese toets elke twee jaar insluit vir lede tussen die ouderdom van 45 en 75 jaar.
  • Mond- en tandheelkunde-ondersoek (profilakse polering en fluoriedbehandeling)
Gaan vir 'n jaarlikse gesondheidsondersoek

Jou jaarlikse gesondheidsondersoek sal die volgende toetse insluit, wat ongeveer 30 minute neem om te voltooi:

  • MIV-toets
  • Vasstelling van jou liggaamsmassa-indeks (die verhouding van jou gewig tot jou lengte) om te bepaal of jy meer weeg as wat jy veronderstel is
  • Bloedglukosetoets (vir diabetes)
  • Meting van jou bloeddruk (vir hoë bloeddruk)
  • Cholesteroltoets (vir hoë cholesterol)

Kry toegang tot jou siftings- en voorkomingsvoordeel deur jou gesondheidsondersoek te laat doen. Al wat jy moet doen, is om jou naaste Clicks of Dis-Chem vandag te besoek waar jy meer oor jou bloeddruk, bloedglukosevlakke, cholesterolvlakke en BMI sal uitvind wanneer jou siftingstoetse gedoen word.

Ons betaal vir hierdie siftingstoetse uit jou Siftings- en Voorkomingsvoordeel van Remedi.Dit sal dus nie jou dag-tot-dag-voordele beïnvloed nie .

Lees bladsy 19 van die Remedi-brosjure by www.yourremedi.co.za om meer oor jou siftings- en voorkomingsvoordele uit te vind. Sodra jy op die Remedi-webwerf aangemeld het, gaan na: Find a document > Benefit Brochures.

Log in