Belastingseisoen

Jy benodig jou belastingsertifikaat van jou mediese skema om jou Suid-Afrikaanse inkomstebelastingopgawe vir die 2020-belastingjaar te voltooi en in te dien. As ’n lid van Remedi, het jy alreeds in Junie jou belastingsertifikaat per e-pos of SMS-skakel ontvang. Jy kan ook die sertifikaat hier van ons webwerf aflaai.

Hierdie sertifikaat gee die besonderhede van presies hoeveel geld aan die mediese fonds betaal is vir jou en jou afhanklikes tydens die belastingsjaar (1 Maart 2019 tot 29 Februarie 2020). Die belastingsertifikaat gee ook die besonderhede van hoeveel geld jy vir mediese uitgawes (soos uitgawes vir medisyne en dokters) geëis het, maar wat jou mediese fonds nie uitbetaal het nie. Hierdie inligting is belangrik vir jou belastingsopgawe en dit kan jou kanse verbeter om ’n belastingsterugbetaling te ontvang wanneer jy jou opgawe indien.

Wat wys ons op jou belastingsertifikaat en hoe bereken ons dit?

Jou belastingsertifikaat bevat die volgende inligting wat jy nodig het om jou belastingopgawe in te vul:

  • Medieseskemabydraes van 1 Maart 2019 tot 29 Februarie 2020, slegs vir hierdie belastingtydperk. Enige terugwerkende veranderinge wat op hierdie belastingtydperk van toepassing is en gemaak is nadat die sertifikaat voorberei is, sal op die belastingsertifikaat vir die volgende belastingtydperk getoon word. Wanneer jy ’n IRP5 van jou werkgewer ontvang, moet jy liewer die bydraebedrag op die IRP5 gebruik wanneer jy jou belastingopgawe invul. As jy ’n pensionaris is, sal jy ’n IT3(a)-sertifikaat van jou pensioenfonds ontvang.
    Neem asseblief kennis: Remedi het in November 2019 ’n bydraevakansie aan alle lede gegun. Dit beteken dat as jy op daardie tydstip ’n lid van die Skema was, jy ’n maand se medieseskemadekking verniet ontvang het en dat jy nie vir die maand ’n bydrae betaal het nie. Daarom sal jou belastingsertifikaat van jou mediese skema slegs ’n maksimum van 11 maande se bydraes wys as jy vir die volle belastingsjaar ’n lid was.
  • “Eie gedeelte op eise betaal” verwys na eise wat ons nie betaal het nie, soos as ’n eis meer as die voordeellimiet was. Ons het eise vir 2020 ingesluit met diensdatums wat tot en met 29 Februarie 2020 verwerk is.
    Neem asseblief kennis: Hierdie “eie gedeelte betaal” sluit die bedrag wat ons nie betaal het nie in, vir al die eise wat die Skema verwerk en betaal het. Dit maak nie saak of ons die voordeel uit die risikovoordele of jou Persoonlike Mediese Spaarrekening (as jy een het) betaal het nie.
  • ’n Uiteensetting wat die totale getal aktiewe lede (hooflid en aktiewe afhanklikes) vir elke maand in 2019 en 2020 (jy moet dit op jou belastingopgawe aandui).
Hoe bereken ons bydraes van 1 Maart 2019 tot 29 Februarie 2020?

Jou belastingsertifikaat wys die volle bydrae wat die Skema ontvang het aangesien die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) dit op hul eFiling-stelsel laai. Nietemin kan ons in sekere gevalle wys hoe die bydraes verdeel is. In hierdie geval sal ons jou verwys na stawende dokumente, soos die IRP5 of IT3(a) (in die geval van ’n pensioenfonds), as die brondokument vir aftrekkings.

Vind hier meer uit oor hoe om hierdie belastingseisoen jou belastingopgawe in te dien.

As jy enige vrae oor jou belastingsertifikaat het, bel ons gerus op 0860 116 116 of stuur ’n e-pos na service@yourremedi.co.za.

Log in