Jy kon dalk 'n leë kol opgemerk het waar daar voorheen 'n Remedi-eisboks was. Dit is nie 'n fout nie en die boks is ook nie gesteel nie. Ons het bloot besluit om nie meer eisbokse te gebruik nie.
Ons het die bokse weggeneem omdat mense dit nie gebruik het nie
Alles het aan die begin van die COVID-19-pandemie verander. Ons het begin om maskers te dra en dit vermy om aan gedeelde voorwerpe en oppervlaktes te raak. Mense het ook begin om digitale hulpmiddels (soos Remedi se webwerf, Remedi se toepassing vir slimfone en e-pos) te gebruik pleks daarvan om eise in die eisbokse in te glip.
Aangesien die eisbokse nie meer gereeld gebruik word nie, het ons besluit om dit nie meer te gebruik nie.
Hoe om nou jou eis aan ons te stuur
Wanneer jy 'n dokter, 'n apteek of enige gesondheidsorgverskaffer besoek, vra hom of haar of hy of sy die eis vir ons gaan stuur en of jy eers moet betaal en dan die bedrag by Remedi terugeis. Jy hoef slegs vir ons 'n eis te stuur as jy reeds self die hele rekening betaal het en wil hê dat ons jou terugbetaal.
Hoe om te eis
- As jy 'n slimfoon het
Gebruik Remedi se toepassing vir slimfone om jou eis in te dien. Jy kan jou foon se kamera gebruik om 'n foto van jou rekeningstaat te neem. - As jy toegang tot die internet het
Skandeer jou rekeningstaat in en stuur dit aan ons deur middel van die webwerf (www.yourremedi.co.za) of e-pos dit na claims@yourremedi.co.za. - As jy nie toegang tot die internet het nie
Pos jou eis na Remedi: PostNet Suite 116, Privaat Sak X19, Milnerton 7435 of Posbus 652509, Benmore 2010.