Wanneer jy hospitaal toe moet gaan

Om hospitaal toe te gaan, kan spanning veroorsaak, maar administrasie behoort nie rompslomp te veroorsaak nie. Jy kan nodig hĂȘ om vir 'n beplande prosedure of in 'n noodgeval hospitaal toe te gaan. Ons is in ieder geval hier om te help.

Beplande hospitaalopname

Dit is belangrik om ons so gou as wat jy kan van jou hospitaalverblyf te vertel. Jou spanning sal verminder as jy weet presies wat ons dek sodat jy daarop kan fokus om gesond te word.

Indien jou gesondheidsorgverskaffer jou in die hospitaal wil laat opneem:

  1. Vra die name van die gesondheidsorgkundiges (soos dokters, spesialiste of chirurge) wat na jou sal omsien wanneer jy in die hospitaal is. Vra dan watter hospitaal jou dokter aanbeveel.
  2. Kyk of jou voordeelopsie dekking bied vir die toestand, die behandeling, die gesondheidsorgkundiges en die hospitaal. Dit kan nodig wees om 'n ander gesondheidsorgkundige of hospitaal te gebruik om die beste dekking moontlik te kry. Kontak ons as jy oor enigiets onseker is, of as jou gesondheidsorgkundige vir jou hospitalisasie verander. Ons het hierdie inligting nodig om seker te maak dat die magtiging op jou voordeelopsie jou nuwe gesondheidsorgkundige dek.
  3. Kry magtiging van Remedi. Bel 0860 116 116 so gou moontlik en minstens 48 uur voor jy hospitaal toe gaan.
  4. Ons sal die besonderhede nagaan, jou vertel waarvoor ons sal betaal en waarvoor ons nie sal betaal nie, en vir jou 'n magtigingsnommer stuur.
  5. Neem die magtigingsnommer, jou Remedi-lidkaart en jou ID-boek of slim-ID-kaart saam wanneer jy hospitaal toe gaan.

Noodopname

As jy 'n lewensgevaarlike mediese noodgeval het, bel dadelik 084 124 of ER24. Ons sal 'n ambulans (ER 24) stuur wat jou hospitaal toe sal neem as jy opgeneem moet word.

As jy direk deur jou dokter of uit die noodeenheid in die hospitaal opgeneem word, maak asseblief seker dat jy, 'n gesinslid of die hospitaal ons so gou moontlik laat weet.

Log in